met net 'n brood

en 'n mond vol fudge

Zuma se presidential tottie maak moles

Skildery van Jacob “Losgulp” Zuma

Die skildery wat geskep is deur die kunstenaar Brett Murray toon Zuma met sy gulp oop en sy penis blootgestel. Dit is vir R136 000 verkoop by die Goodman Galery in Johannesburg.

Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, het gesê die “walglike en ongelukkige voorstelling van die president” is beledigend en die party vat die saak hof toe.

Selfs n koerant wat hieroor berig het is gevra om die skildery se foto van hulle webwerf af te haal.

Mthembu sê Murray se “sogenaamde kunswerk” beskadig die beeld en die waardigheid van Zuma as beide president van die ANC, president van die republiek en as mens.

Ek natuurlik, wel, wat sal ‘n man nou sê. Dalk dat hy steeds lelik is al is sy gesig geel geverf?

Ek weet darem nie of ek R136 000 sou betaal daarvoor nie, maar beter as Murray sou ek nie kon doen nie. In vier kleure het hy waarvoor Zuma onthou gaan word op doek vas gevang.

Die waarheid het ‘n manier om seer te byt!

Mei 18, 2012 Bygedra deur | Afrikaans, Aktueel, Politiek | , , | 5 Kommentaar

Koning wys Juju by paleis weg | Nuus24

Koning wys Juju by paleis weg | Nuus24.

Mei 4, 2012 Bygedra deur | Afrikaans, Aktueel | Lewer Kommentaar

1950s Education on “Homosexuals”

Mei 1, 2012 Bygedra deur | Aktueel, English | , | 1 Kommentaar

Ontwaak!

Die lewe het mos maar sy eie tempo, en ons kan dit nie altyd verander nie. Wakker word was nog net soms vir my iets om na uit te sien.

Nou is een van daardie tye.

Kosbaar in die skaarsheid daarvan, oorweldigend in die brute krag waarmee dit vorentoe stoot.

Ek kan maar net die golf ry met dieselfde uitbundigheid waarmee ‘n kind vir Kersfees wag.

Natuurlik het die lewe se probleme nie verdwyn nie.

Hulle is daar, maar is hulle nie maar altyd iewers in die skadus nie? Dis net dat ek leer ons hoef nie alles op halt te roep as een aspek van ons lewe ten gronde wil gaan nie.

Ek kom agter dat as ek sien die dakbalke begin loswikkel en die stof begin val, ek net die deur hoef oop te maak om iets veel erger te sien om oor te kommer.

Dit is asof ek ‘n sorbet iewers oor my tong laat gly het, en ek met nuwe smaak die lewe proe.

Ons mag nie die teenwoordigheid van ‘n vriend of vriendin onderskat nie. Die lig wat deurkom waar hulle gekraak het in die verlede maak alles helder as dit om jou stikdonker is.

Dit is ‘n vliegdroom.

Vlerke vou oop op my skouers, en ek hoor die noordewind roep….

April 26, 2012 Bygedra deur | Afrikaans, Aktueel, Francois Rademeyer | , , , , , , , , , , , | 3 Kommentaar

Briefie aan Tannie F

Goeiedag Antie F!

Ek hoop alles gaan goed met julle daar in die dorp met die groot voëls.

Hier by ons raak dit nou koud in die aande, en manlief skyt granietblokke  van die koue as hy opstaan in die oggende. Ons het darem die kaggel in die sitkamer, en glo my as ek jou vertel dat ek doodseker maak ek het genoeg hout. Wag nou juis dat hulle Vrydag ‘n vrag kom aflaai. Ek wonder of mens antrasiet kan gebruik in ‘n kaggel. Jy het mos by die kooperasie gewerk in Barkley, weet Tannie nie?

Verder is alles stil en rustig. Ek het gister met my moedertjie gepraat, en sy was weer vol draadwerk! Sy hou nie van die hospitaal storie nie, maar dit kan ek verstaan. Wat ek nie verstaan nie, is hoe sy op die punt gekom het waar sy ophou lag het. Weet tannie, my ma sukkel al vir so lank in haar lewe dat ek begin voel sy het opgehou glo. Glo in lag, geluk, voorspoed.

Dalk is dit Fucknut se skuld. Die ‘Bosbefokte’ een nou.

Genade, my wil en lus vir leef was amper dood as gevolg van hom, hoeveel te erger was dit nie vir my ma in daai 10 jaar huwelik nie?

Titte verstaan nie altyd nie, en raak ongeduldig met ons ma. Moet my nie verkeerd verstaan nie, sy doen ongelooflik baie vir  hulle, baie meer as ek.

Nietemin, Titte moet elke slag in Wolf se oë kyk as my ma hulle gehelp moet word. Ons is mos maar van nature ‘n trotse mense, en om te help is net nie altyd moontlik nie. My ma wat die koninging van ‘Trots’ is voel dan half verlee, en reageer deur te ontrek en afsydig te word. Titte lees dit as ‘snaaks optree’, maar ek sien dit as my ma wat sleg gevoel het om te vra van die begin af. Sy voel sleg om te vra, maar wie anders het sy om te vra?

Dis net ek en Titte.

Dit is niemand anders as my en Titte se plig om hulle te help nie. Is ek verkeerd as ek so sê?

Dus voel ek dat my ma niks het om oor sleg te voel nie. Sy moet ons vra. Ons is haar kinders, maar as ons nie kan nie is dit omdat ons regtig nie kan nie. En dan is dit haar plig om te verstaan.

Tannie, ons ken swaarkry. Jy weet dit. Jy was daar.

Ek en Titte verstaan net nie as my ma opstres oor n blackberry selfoon vir Boetie en sulke onbenullige en onodige dinge nie. Ons het groot geword sonder sulke luukshede, en ons is heel ordentlik vandag. (Alhoewel ek eers ‘n ompad gevat het, het ek wel uiteindelik tot my sinne gekom. Agetros kom ook in die kraal…)

Ek dink wat ek probeer sê is dat ek met tye net gatvol raak as mense so vol kak raak en aangaan asof hulle vir altyd tyd het. Tyd mors op stront, en baklei oor onbenulligehede mors kosbare tyd.

Tyd wat nooit weer terug gekry kan word nie.

Ons is nie vir altyd hier nie.

En die Here weet, ons almal het demone wat ons jaag en daarom hoef ons mekaar nie ook nog te jaag nie. Hoekom kon almal nie net gelukkig wees nie? Ek het dit nie breed nie, maar ek is gelukkig.

Ek is verseker daarin dat my glimlag in my hart begin, en nie opgeplak is nie.

Mense dink ek is vol kak, maar volgens my is ek net radikaal opreg. Jy gaan weet as ek ongeluk/moerig of mal aspris (Of was dit nou aspris mal?) is die dag, maar juis omdat ek wys wat in my hart is gaan ek jou nie sleg maak as jy jou rug draai nie. Ek verwag dit van ander ook.

Hmmm, dalk verwag ek te veel. Ander mense het nie my pad gestap, of geleer om dinge te sien soos ek doen nie. Daarom is hulle werklikheid net so belangrik soos myne, en ek kan nie daaroor kwaad word nie. Al verstaan ek nie altyd nie, moet ek berus daarin dat almal se opinie tel.

Ag hel, ek weet self nou nie meer waaroor die brief handel nie! Ek dink ek pak net uit.

Dit is nogal bevrydend.

Ek kon nog altyd met jou connect op ‘n baie diep vlak. As kind het ek by jou veilig gevoel, al was ek net so skytbang vir jou ook! Seker omdat jy self nie heeltemal 10/4 is nie.(Grappie)

Maar jy is soos Ouma, dis ongelooflik maklik vir my om teenoor julle oop te maak. ‘n Man weet nie mooi hoe om daarvoor dankie te sê nie, maar baie dankie.

Voor ek nou weer groet en vergeet…

My ma gaan nou Donderdag vir die toetse, alhoewel sy Woensdag (vandag) al moet deurgaan na die hospitaal toe. Sy word Donderdag oggend 8 uur glo gedoen. Ons probeer nou reel dat my pa haar daar gaan haal na die tyd sodat sy nie heeldag daar hoef te wag en in die ongemak van die bussie moet terug ry huis toe nie. Sy is natuurlik al keelvol vir die proses wat net nie tot ‘n punt kom nie, maar ons motiveer haar tot die beste van ons vermoë.

Dankie dat ek so ‘n bietjie kon uitpak hier by tannie. Jy rock, en ek is baie, baie lief vir jou.

Groete vir Ouma, en die ander.

Francois

April 18, 2012 Bygedra deur | Afrikaans, Aktueel, Francois Rademeyer | , , , , , , , , | 5 Kommentaar