met net 'n brood

en 'n mond vol fudge

Daughtry ~ September

February 24, 2012 Bygedra deur | English, Francois Rademeyer, Musiek | , , , , | Lewer Kommentaar

Bobby van Jaarsveld ~ Mirror

February 24, 2012 Bygedra deur | English, Musiek | , , , , | Lewer Kommentaar

jy’s my kuns

Jak de Priester

Geskryf in 1998 deur Jak de Priester, nog voordat hy begin sing het. Hy het dit wel later twee maal opgeneem. Eerstens in 2003 op die album ‘Sally Williams Nougat’, en toe weer in 2007 op die album ‘Stellenbosch Lovesongs’.

Nou vreemd genoeg, die liedjie is deur hom geskryf in ‘n tyd wat ek ook in die omgewing van Groenkloof en Sunnyside beweeg het. In die selfde Spar as hy inkopies gedoen het, en by die selfde Steers in die oggend ure gestaan en kos koop het.

Wie sal weet, ons het dalk by Barcellos gesit en gesels terwyl ons koffie drink en kan dit nie onthou nie, want hy was toe nog nie famous nie, en ek is maar heel algemeen.

Hier is die woorde, voel hom…

ek wil ‘n storie skryf oor jou,

‘n boek met jou karakter bou

en bloot net pen en papier daarmee vermaak.

ek wil ‘n liedjie sing oor jou,

‘n melodie bou uit die oggenddou

en net so siel en oor daarmee vermaak.

Kom lees my bundels

en luister na die liedjies oor jou

en sien hoe alles om my inmekaar sal vou.

Kom hoor jouself in die greine van my dag.

Dit is die rede hoekom ek op jou liefde wag.

ek wil die vreemde saam met jou gaan reis.

ons maak die wereld dan ons eerste huis

en teken prente van ‘n nuwe stad.

ek wil jou alles oor myself vertel,

waar is my hemel en waar lê my hel 

en jou my hand gee aan die ander kant.

ek wil heeldag dink aan jou,

bloemlesings met jou siel kan bou

 en jou my lewenskunswerk maak,

my Picasso, jou so bewaar.

~Jak  de Priester    

February 18, 2012 Bygedra deur | Afrikaans, Aktueel, Francois Rademeyer, Musiek | , , , , , , , | 2 Kommentaar

Staan my by.

 

 Radio Kalahari Orkes se nuwe album “Heuningland” Die song is deur Rian Malan geskryf en deur Dan Roberts opgeneem.

February 1, 2012 Bygedra deur | Afrikaans, Francois Rademeyer, Musiek | , , , , | 1 Kommentaar